Lewensvervulling
Van die verkleiner lewensstappe
tot die herkoms van beter dae
Verskyn persoonlike omgee-debatte
van hoër verstand en ervare trane
Die lewe is soms soet gekneus
gevul met nagelate note
Tot die vervulling na elke gees
verdwyn is en lank vergete
Soos 'n onvoltooide sonsak
sal wysheid alle wese bemagtig
Want tyd verbrand vergete en nalatig
vir die op aarde opsoek na mag
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


