Lewensverandering
Dis die swart bitterheid van ? mens se dade
Die bloeiende hartseer veroorsaak die skade
Die waarheid is dat die verlede
verander, goed of sleg, in die hede
? Paar maande terug was jy ? ander persoon
Kleurvol en stralend het jy alles aangedurf
Empatie en simpatie sou behoorlik by jou uitstroom
Met jou glimlag so breed het jy ontslae geraak van al die muf
Dit was werklike, ware, wonderlike tye
iets soos blomme se stuifmeel vir die bye
Daar was ? lewensverandering, ? gebeurtenis
Vir dié onverwagte drama was daar beslis geen voorbereiding
Soos die brand van ? verblindende weerligstraal se lyding
het ons almal, meestal jy, gewens dit sou jou mis
Nie omdat jy selfsugtig is nie, maar tog self net menslik
en soms gebeur daar dinge, aaklige dinge, wat jou laat verstik
Maar dit het gebeur, die weerligstraal het jou gebrand
Die ondenkbare het verander in ? onuitwisbare realiteit
Die persoon wie jy vertrou het met jou versorgde hand
het alle diepste vertroue wat jy gehad het, uitgesmyt
Jou mening oor elke persoon na aan jou was onmiddellik verander
dit het veroorsaak dat jy vas glo jy kan niemand vertrou
Dat jy almal van jou liefdevolle hart, ten alle koste moet weghou
Jy moet besef daar is mense wat nie daai toneelspel glo nie
Vriende wat wil hê die ou jy moet verlos word van die nuwe jy
Dit is ? proses, ? proses van genesing dié
Jy gaan net eendag agterkom dat skielik is alles verby
Tog weet ons almal die sweetheart jy is nog daar
Gaan kyk beslis, jy sal hom sien as jy in jou siel in staar
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


