"Lewe jy" deur Michael van der Walt

  • 0

Lewe jy

Mense wat ek ken, is soos ’n hamster in ’n hok
Hardloop na nêrens hul asems op
Leef net van sonop tot sononder
’n Gejaag op ’n wiel na niks

Alles gaan oor geldmaak
Alles oor rykdom, al trap jy ook op ander
Bo moet jy uitkom. Druk raak te veel, en tyd vlieg te vinnig, die aarde draai, maar ons staan stil

Lewe jy, of is jy net hier? Leef jy van dag tot dag, of net van uur tot uur!

Vasgevang in tradisie, almal het ’n plan maar niemand het ’n missie
Somer en winter gaan verby, grysheid kom en die hartseer bly!

Vergewe en vergeet, vandag nog, alles wat jy doen word opgemeet! Spyt kom te laat, vir wie is jy kwaad, spyt kom te laat, spyt kom te laat.

Die lewe is kort die lewe is duur, dit gaan oor meer as net plesier. Die lewe is kort die lewe is duur, hou op bou, breek af daai muur!

Die lewe is kort!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top