Lewe in die formaat
Vers 1
Aanvaar ...
Dit is baie moeilik
As jy weet dinge kon anders wees
Sonder enige vrees.
Verstaan ...
Is die tweede deel van vrees,
Die moeilikste deel van jou gees
Ek wonder of jy dit weet,
Ek wonder of jy sal.
Refrein
Maar die grootste probleem
Is om te aanvaar en te verstaan
Terselfdertyd ...
En ek weet hoe dit voel om soos niks te voel
So glo net in jouself
Vers 2
Onsekerheid ...
Speel rond met jou kop
Fluister goed in jou oor
Wat jy eerder nie moet hoor.
Beheer ...
Is wat jou toekoms gaan bepaal
Gaan jy luister na wat sê die wraak
Of gaan jy luister na jou hart?
Hou dit vas ...
Refrein
![]() |



