Lewe daar buite
Ons sit en skryf ’n song
In ’n doodnormale huis
Maar daar buite, daar buite
Is dit buitengewoon anders
Gee my tyd om die lewe te verstaan
My lewensplan te beaam
In hierdie eindelose gejaag
[Koor]
Maar ek is bang
My woorde en akkoorde
Lei tot misverstand
’n tragiese einde, ’n leë belofte
En ’n doodloopstraat in die donker
Oë toe, vrye gedagtes
Vanaand dink ek aan ongeskikte buffels
Slette sonder siele, en die ware heer …
Iewers daar buite
[Koor]
Maar ek is bang
My woorde en akkoorde
Lei tot misverstand KOOR
’n tragiese einde, ’n leë belofte
En ’n doodloopstraat in die donker
Buitengewoon anders is toe heeltemal normaal
Dis die lewe, ’n onbekende eindelose gejaag
Maar hier saam met jou, in ’n doodnormale huis
Is dinge nie so buitengewoon anders nie
Maar buitengewoon fantasties.
![]() |



