letste Sê

  • 0

sou Mens m’t’t slaag, aysh, m’t G’wete-herwinn’ng,
Konsiënsie-’n-al herstel, Mens byna amp’r normaal,
al trek miljuis’nd anie heel v’kere kant vannie skaal,
rus strategie, formulierl’k, formulisties, ’p B’sinn’ng

afskud v’n als, w’t Mens weerhou, t’rughou, v’rbied,
G’regt’gheid, God-se-Wil, Voorwaar, reg S’l g’skied,
Mens Self Self so yt Self-d’struksie yt sou wou red,
Self s’l sien, hoe g’beur mediteer, hoe groei g’bed

mooiste v’n als, enige taal’s mos nette medium,
Mens, kardinaal, m’meties-spir’tueel, essensieel,
re onkund’-ontkenn’ng, g’n plan v’r simposium,
mugu t’besig, Self-d’struksie-spel klinies t’speel

kanti, wann’r allie struktuurg’weldswinde gat lê,
Kry Vad’r, Skepp’r, Hamdrilah, Sy All’rletste Sê

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top