Leeus!

  • 5

Jantjies het die afgelope twee wedstryde briljant gespeel, absoluut briljant.  Maar, met die laaste wedstryd, in die laaste 5 minute van die spel, kom hy met ’n uitstekende skop vorendag wat afstand betref en gee besit weg.  Die Highlanders, na die lynstaan, hou besit en fase op fase beweeg hulle uit hulle gebied en teken punte aan.

Vergelyk dit met die Hurricanes-Chiefswedstryd se laaste 5 minute.  Die Hurricanes, alhoewel gemaklik voor, behou besit en na hoeveel fases blaas die eindfluitjie en hulle is nog steeds daardie selfde aantal punte voor.  Dit sou mos waansin gewees het om te skop en besit af te staan want die Chiefs sou ten alle koste besit probeer behou.  Veral die Cheetahs het baie wedstryde so verloor; gee besit weg in die doodsnikke van die wedstryd en die ander span klou soos ’n neet aan die bal en, nege uit die tien keer, teken hulle punte aan en klop die Cheetahs.

Indien ons teen die Hurricanes verloor gaan dit wees omdat ons weer in die laaste paar minute besit afstaan deur ’n verligtingskop. 

Op ’n skaal van 1 tot 10 is my kennis so 1.4, 1.5 maar, soos die spreekwoord sê, uit die mond van die suigeling ...

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • In rugby is daar maar net een waarheid: Solank jy die bal oordeelkundig dra, dra jy vyf punte onder jou blad, tot tyd en wyl jy besit afstaan.
    Dit ontbreek die Leeus nog net aan een eienskap. Hulle is nie genadeloos genoeg nie.
    As 'n NZ-span jou eers onder het dan kom jy nie sommer terug in die wedstryd nie. Nee die ouens skep groot genot daaruit om jou verder te trap. Daarvan getuig die 61-20 Chiefs-Stormers en die 41-0 Hurricanes-Sharks wedstryde.

    • Soos oom Boy Louw gesê het (op Ingels nogal): "In order to score, you've got to arrive behind the line WITH the ball."

      Balbesit is lewensnoodsaaklik.

  • Dis 'n groot probleem met die Leeus, so goed soos wat hulle speel, hul het nie daardie gedeelte van die tipiese Bulle-spel in hul arsenaal waar die voorspelers die bal beheer en behou om die oorlosie te laat leeg loop nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top