Lees nou LitNet Akademies op jou slimfoon of tablet – navorsing op jou vingerpunte

  • 0

  Wat is ’n toep?

  • “Toep” is die afkorting vir “toepassing”. In Engels word “app” of “application” gebruik.
  • ’n Toep is programmatuur wat jy op jou slimfoon of tablet kan aflaai om spesifieke take te verrig of inligting te verskaf.
  • Die LitNet Akademies-toep gee jou direkte toegang tot alle artikels wat in en rondom LitNet Akademies verskyn.

LitNet het ’n nuwe era ingelui vir akademiese skryfwerk in Afrikaans deur die bekendstelling van ’n toep (“application”) vir LitNet Akademies. Die toepassing kan in die Apple App Store afgelaai word, of deur http://appshopper.com/education/litnet-akademies te besoek.

LitNet Akademies is LitNet se onderafdeling vir geakkrediteerde akademiese skryfwerk, en is as joernaal geakkrediteer by die SA Departement van Onderwys. LitNet Akademies is ingebed in LitNet, en geakkrediteerde artikels word aangevul by wyse van aanlyn seminare, gesprekke en videogrepe wat rondom daardie artikels geskep word.

LitNet Akademies staan onder die hoofredakteurskap van Etienne van Heerden en bestaan tans uit vier bene, naamlik Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe en Regte.

Die toep is tans beskikbaar vir gebruikers van Apple iOS en kan op iPhone-slimfone en iPad-tablette gelaai word. Hierdie LitNet Akademies-toep gee jou direk toegang tot al die artikels wat in en rondom LitNet Akademies gepubliseer word.

   

’n Gebruiksvriendelike ontwerp maak dit maklik om tussen die ses afdelings wat onder LitNet Akademies ressorteer, naamlik Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte, Gesprek en Skole, te navigeer. Blaai deur die jongste artikels en lees die volledige artikels op jou iPhone of iPad.

Jy kan kommentaar lewer op artikels, dit op sosiale media deel, of die skakels per e-pos aanstuur. Jy kan ook kennisgewings ontvang wanneer ’n nuwe artikel in die afdeling van jou keuse verskyn.

Die LitNet Akademies-toep is gratis.

   

LitNet Akademies bevorder akademiese skryfwerk en denke in Afrikaans. Dit vorm deel van die internasionale ooptoegang-beweging wat graag wil hê dat navorsing onmiddellik, gratis, wêreldwyd beskikbaar moet wees.

Volgens Van Heerden bied die toepassing die geleentheid aan Afrikaanse akademici en studente om deurentyd en op enige plek op hoogte te bly van belangrike navorsingsuitsette en aan die gesprek rondom nuwe navorsing deel te neem.

“Met LitNet Akademies wil ons akademiese skryfwerk en denke in Afrikaans bevorder. Die lewering van materiaal  op selfone en tablette is ’n belangrike stap om hierdie doelwit te verwesenlik.

“Met hierdie nuwe selfoon-toepassing wil LitNet Akademies Afrikaanse navorsingsartikels nóg meer toeganklik maak, op ‘n toestel wat gewoonlik binne handbereik is, naamlik jou selfoon of tablet.”


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top