Ek het Aingeal se brief gelees en ek is eerlik ek kan nie op haar vraag antwoord nie. As ek die geleentheid gegun word en ek praat oor eie ondervinding, moenie probeer oor die dood leer nie. Jy mors jou tyd. Probeer meer oor die lewe leer en jy sal nooit onkundig wees nie.
Elke dood is ontydig en onverwags. Dit is ’n lastigheid waarmee almal van ons konfronteer word op ’n stadium. Vir elke skeet en gatsgebrek is daar ’n pil of ’n salf te smeer. Vir hartseer is daar niks. Daar is nie een pil op die mark nie. Tyd genees ook haat en teleurstelling.
Om skielik by ’n oop graf te staan en die droewiges om jou te sien is ’n swaar pil om te sluk. Gelukkig onthou mens die aangename en mooi van die persoon wat jy begrawe.
Dit is ongelukkig ’n harde werklikheid. Spandeer al jou tyd en energie om te lewe. Verdra en leef in vrede met almal. Belangrikste leef in vrede met jouself.
Reusedwerg

