Leef met die einde in sig

  • 2

Foto: Canva

Leef met die einde in sig

in kleinletters lees ek jou lewensverhaal
mooi was die lewenswandel in jou reisgedig
waar jy die dood sonder uitroeptekens aanhaal
(selfs gerusstellend) met die vuurtoring in sig

veerlig en delikaat het jy gespeel met woorde
onder ’n purperprieel tussen twaalf en tien
met linker en regter wysvingers in hul elemente
het jou letters gedrup uit ’n Olivetti-tikmasjien

en die gekletter van die toetse het vibreer
dwarsdeur jou heimwee vir genadegrond
met verse helder en met volbloed hartseer
tot die hemelruim rooikleur in môrestond

nou ervaar ek die broosheid in jou vingers
wanneer jy skryf oor die sterblom wat wink
jy beaam: die vuurtoring en die maan is eners
beide verlig ’n lewenspad wanneer jy herdink

  • 2

Kommentaar

  • Johan van der Merwe

    Wow! soos altyd, soos net jy kan Marius, altyd daardie ver, ver diepte van voorsienigheid. Baie mooi my broer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top