Goeiemiddag
My gunsteling liedjie van Valiant is: Donkerpad.
Dit is nogal moeilik om slegs een liedjie van hom uit te sonder. Hierdie liedjie is op sy Maanhare-album. Ek onthou nog die dag toe ek Valiant se hand geskud het en hy hierdie CD tesame met die Song vir Katryn-CD geteken het. Hy is ‘n baie besonderse mens.
In elk geval, hoekom ek hierdie liedjie uitgesonder het was omdat die woorde verskriklik baie vir my betekin, selfs vandag nog.
Die ding is, mens kies mos soms ‘n sekere pad. Wanneer dit hopeloos te laat is besef jy dat jy nie die “Shortcut” moes gevat het nie, en dat jy moes doodseker maak oor jou besluite wat jy geneem het.
Die liedjie gaan oor besluite. Die regtes teenoor die verkeerdes. Elke besluit sal sy eie kinkels he, maar die regte pad sal darem minder hê.
Kyk na die woorde (ek ken dit uit my kop):
as jy die donkerpad stap
dan moet jy kyk waar jy trap
daar waar die ysters le
al om die rand van die stad
as jy die binnebaan slaan
dan moet jy weet waar jy gaan
jy moet jou spoed en jou hoek kies
en bitter min stilstaan
koor:
as jy die anderkant haal
dan moet jy wys en betaal
en as jy terug wil kom
gaan maak maar self daai som
as jy die kortpad wil ry
dan moet jy weet wat jy kry
jy sal verdwaal as jy dwaal
en jy dink jy's vry
as jy die kruispaaie opsoek
teken jy die groot boek
trek maar die streep
dis geskryf in jou eie bloed
koor
Interpreteer dit self, en hopelik maak my opsomming en my betekenis van hierdie woorde sin.
Dankie,
Hannes du Preez
Wat is jou gunsteling-liedjie van Valiant Swart en waarom? Stuur jou antwoord aan wen@litnet.co.za en staan ’n kans om ’n kopie van Trouens en terloops, ’n versameling van Valiant se gewildste rubrieke, met die komplimente van LAPA Uitgewers te wen. Klik hier vir nog besonderhede.

