As daar nou ’n groot teleskoop opgerig gaan word by Sutherland (wat ’n plek iewers in Afrika is), dink jy dit gaan oor 2 000 jaar as ’n Afrika-prestasie gereken word? Natuurlik nie, net soos die piramiedes ook nie deur Afrikane gebou was nie (ek dink die Egiptenare was Semiete).
Wat die klipkerke van Ethiopië betref, jy kan mos duidelik sien dis kopieë; die struktuurelemente wat ten toon gestel word is glad nie nodig wanneer soliede klip uitgehol word nie. Buitendien, die goed is in die laat 1100's of vroeë 1200's gebou toe Romaneske argitektuur al vir ’n paar eeue aan die gang was in Europa, iets wat in Afrika geen gelyke het nie.
Hulle het ook nie kaal rondgehardloop in Europa soos jy beweer nie, die weer is buitendien nie reg daarvoor nie. Kyk maar na Ötzi, wat oor die 5 000 jaar terug gelewe het; sy klere en wapens was van ’n standaard wat in Afrika nog nooit bereik was nie.
Ek wil nou nie, vir bietjie balans, al die agterlike en wrede goed wat in Afrika gebeur het, en nog steeds aan die gebeur is, noem nie; dit sny bietjie na aan die been en die brief sal nie geplaas word nie. Laat ek liewer ’n paar van Europa se prestasies en uitvindings noem wat eers in Afrika gebruik en/of toegepas was ná hulle met die Europeërs in aanraking gekom het (sommige waarvan die Afrikane nog steeds nie gebruik/toepas nie):
Die hefboom, die wiel, skrif, opteken van geskiedenis, die ossewa, die perdewa, riolering, watervoorsiening, elektrisiteit, die bra, die broek, die hemp, die baadjie, die das, die bril, die wetenskaplike metode, die binnebrandmotor, die evolusieleer, hulp aan agtergeblewe lande, die waterpas, die skietlood, die satelliet, die fiets, logaritmes, die radio, die teodoliet, die teleskoop, die telefoon, lugvaart, skeepvaart, die horlosie en Prattley's Putty om nou maar net ’n paar te noem.
Wat ek wel vir jou kan noem vir bietjie balans is dat die dorpies Parys, Vredefort en Heilbron se oorkoepelende munisipaliteit tot ’n stilstand gekom het. Watervoorsiening is nie wat dit moet wees nie en rou riool loop in die Vaalrivier in. Sekere amptenare (al die amptenare?) het blykbaar 8 maande laas gewerk en een of ander hoofamptenaar is al maande op spesiale verlof met ’n salaris van R65 000 per maand. Die Departement van Openbare Werke het so te sê totaal ineengestort; die nepotistiese geknoeiery en gevolglike geldmors is van astronomiese omvang. Volgens die nuus is departemente Onderwys en Gesondheid nie ver agter nie.
Dankie dat jy ons gedurig daaraan herinner dat die NSA so in volle swang is, al is dit nou nie jou bedoeling nie.
Jan Rap
NS Onthou van die 15 jaartjies, die ten minste 6 tale wat die gemiddelde Afrikaan volgens jou vlot kan praat en die VK wat skaars so groot soos die Vrystaat is – waar jy daaraan kom of hoe jy dit uitgewerk het.

