"Lank gewag" deur Jeaun Fouchè

  • 0

Lank gewag

Vers 1

op die grens van ons gemakstreek
waar selfvertroue en dapperheid ontmoet
was ons van natuur verwilderd van mekaar
geen repetisiekans gehad
onverwags het jy my geslote voordeur ingebars
die somersaande ruik nou nog so vars

Koor

saam jou
gravitasie
ons fondasie
maak nie saak nie
onhelder het ek eers als nagedink
helder het die gedagte later ingesink

ingekleur en uitgevat
kom ons vat ons goed en pak

Vers 2

kaarte uitgedeel en reg gespeel
sonder omdraai
sonder vlamme wat ons nog moet blus
hou saam met my vas aan dit wat goed is
gek gelukkig geanker
die lang reise voel nou soveel korter

Koor

saam jou
gravitasie
ons fondasie
maak nie saak nie
onhelder het ek eers als nagedink
helder het die gedagte later ingesink
ingekleur en uitgevat
kom ons vat ons goed en pak
lank gewag
lag-lag
sou ek dit nou met gemak
deur kan draf  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top