Lag
En ek lê die serp neer
Dié wat jy vir my gegee het.
En ek wonder
En ek wonder
Lag jy nog steeds?
Hoe kon ek so stupid wees?
Hierdie mooi lyf
Hierdie mooi gesig
Intelligente vrou
Wat ek is.
En ek wonder
Hoe stupid ? mens kan wees?
En ek dink aan jou en ek wonder
Lag jy nog steeds?
Dan weet ? mens hoe trivial dit is
Alles wat gedoen is
Is al lankal geleer
Dan weet ? mens
Ten minste dat
God nog daar kan wees.
Elke dag
Elke nag
Dan vra ek myself
Wat het ek gedoen?
Lag jy nog steeds?
? Nagmerrie is verby
Ek en jy
Maar môre is nog ? dag
Wat ek vir die son kan lag.
En dan sê ek weer
En ek sê dit weer
Liefde is soos die sonskyn
In die dag
En jou haat
Dis soos die nag
En al wat ek kan doen
Is dit
Net lag.
![]() |



