Laat dit losbreek
Oe oe oe aa
Elke keer as jou oë op my val,
weet jy, jy maak iets in my mal
Laat ek jou siel uittrek, en jou
miskien vir ’n soen nadertrek.
Ek wil jou voel in elke gedeelte van my
styf, styf teen my lyf,
Voor iets losbreek in my
Oe oe oe ek kan jou nie langer vermy!
Want dis warm, dis vurig, dis plesierig
Dit is wat ons voel en bedoel
Warm en hittig, en glad nie versigtig
Miskien voel ons so met ’n doel.
So werk met jou plan, vermy my as jy kan.
Tot dit losbreek oe oe oe, vergeet van vrees
Ons is bedoel om bymekaar te wees.
Ek kan dit nie meer binne hou
En dis alles bedoel vir jou
Mense sien dit,
Kan dit nie meer wegsteek.
Want dis warm, te vurig
Dis ek en jy
Ek kan jou nie meer langer vermy ...
Jy laat dit losbreek en ek vergeet
alles wat ek beter van moet weet.
Oe oe oe oe, ek voel sonder vrees ... losbreek.
So voel wat jy kan, werk met jou plan
Laat dit losbreek, moet dit nie terughou.
Jy weet ek het gevoelens vir jou, oe oe oe oe
Kom ons voel sonder vrees!
![]() |



