laaste nag van die ou orde

  • 0

tussen ons lê die spanning
van later se openbaring
ek kan voel hoe jy
na my agterkop staar
die kussing voor jou linkeroog
 
jy stamp jou stywe lies
grof teen my boude
ek draai my mismoedig na jou
verward, sien hoe die verwyt
in jou oë begin vliet
 
jy druk ongeskoold jou tong in my mond
ek proe die bitter gif
voel die angs
soos jy grou in my keel vir
’n antwoord ’n verlossing ’n enting
teen die komende
                   pyn
as jy my hard(on)handig
en skurf
afvry(f)
voel ek my die eerste maal vuil
onder jou hande
versmoor deur jou tong
verskroei deur jou oë
verlaat deur jou
bevrees vir jou
 
jy pis jou saad oor my rug
draai om en
slaap voort uit vrees vir wakker wees
 
ek vee my af
sien jou roer en sê
 
ons moet praat
hy ís wel myne hy brand in my are hy is ons einde
 
ek weet
sê hy
ek weet
 
(eers later met die saamgeswore
waarheidskommissie van vriendevyandeverbygangers
se vrae en teenvrae en eindelose hartverskeurende getuienis
besef ek hoe diep jou wonde
                   was was
ek my vir een maal skoon)
 
 
 
 
 
rymende herontwakening
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top