"Kyk hier jong!" deur Wynand Kotze

  • 0

Kyk hier jong!

Die son kielie my voete, en die kwyl op my kussing verdamp
Ek staan stadig op, smag na die beker boeretroos wat my gaan wakker kry
Die dag moet net beter wees as gister, want goodness grace, my kop pyn!
Hou vas aan dit wat jy het, en glo dit wat jy droom ...
Ek weet nie als nie, maar ek weet dit

Koor

Ek staan voor die spieël, hare deurmekaar en sê vandag gaan ek sing, vandag gaan ek leef!
My asem ruik na oggend, my oë is bot toe, en ek weet, hier kom nou vir jou ’n ding
Want ek kan na myself kyk, en skree!
Kyk hier jong, jy is pragtig!

Elke daad was eers ’n gedagte, elke woord eers in jou hart
So laat ek veel eerder praat, voor dit verander in een of ander simpel daad
Ek wil my hond laat praat, jou my laat liefhê, en ’n kasteel koop met sout
Jy kan sê wat jy wil, jy kan maak wat jy wil, ek weet wie ek is!
Ek kan getuig, jy weet eintlik maar niks ...

Brug

Oi, oi, oi ek soek nie jou aanvaarding nie
Ai, ai, ai ek weet dit mag jou dalk pla
Want nou is jou ammunisie op ...
So skiet maar, dis net wind my bra!

Koor

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top