waarskynlik val als, ja, lat’r, duie in,
G’wete almiskie, nimm’r ooit herwin,
eish, Millennium Thathu Sapi-Mens,
ex-waaier, v’rflent’rd pôpô, yhô, sat
uit’raard, Self-destruksionis, g’reguleer,
in lang, lang ry, Khoe-queue, Mens-tou,
t’laat, t’probeer, struktuurg’weld t’keer,
t’attempteer, bose, v’rleiding, af t’weer
wet’nskaplik t’kompleks, vir eie, goed t’sorg,
eie so lank al, deur ultra-eksploitasie g’borg,
t’rwyl HIV-positiewe ken van eie bloedgroep,
moet negatiewes hul oppe olieproduk b’roep
hoofelimineerd’r vir nogge termyn ing’lyf,
vredestak ytg’dor, in koerklok vanne duif
Jacobus Faasen

