Bietjie naweekwegbreek gedoen in Groot Marico. Mampoerstokers is nou skaars, lyk my dis kennis en kultuur wat verlore raak ...
Hakiesdraad-mampoer is mampoer wat te hoë alkohol inhoud het en geen smaak nie ... Een truuk, blykbaar sit jy elke oggend jou hand in en as vingers aan mekaar klou, is suiker nog te hoog. As jy hand indruk en dit kom skoon uit, moet jy stook. Die muggies wat trek, is drie dae te laat, dan is dit alreeds wyn-asyn.
Daar is voorloop, ethanol en die drinkgedeelte is methanol. Dan is daar naloop.
Tog is die tradisionele bosstokers besig om verlore te gaan, met sg Stokersgilde wat aksynsbelastingregistrasie vereis.
Hans Richardt




Kommentaar
Hans - Methanol?
Geen wonder die ou lotjie sterf uit nie.
My moer!
Daar is volgens my net een mampoerstoker en dit is die man wat kan. Elke ou het maar sy eie maniertjies en tradisies. Die ou wat die suksesvolste mampoerstoker is, is die ou wat uit voorraad hardloop. Elke ou het maar ' n resep wat hy moet volg. Ek is nie 'n kenner van mampoer nie. Ek het al lekker mampoer gedrink en het ook al mampoer gedrink wat soos "avgas" smaak. Die slegste wat ek al gedrink het is "corn moonshine". As jy daai goed drink kan jy lieg as jy bid ook. Solank hy wulps op die tong en warm in die keel is, is hy vir my reg.
Raed-na-gael, wat ek bedoel, is dat die ou spul met doringdraad om se alkohol te hoog is, etiel-alkohol se maksimum is 58 AVB, maar dan drink jy dit uit vrieskas om vergiftiging te voorkom en nog longe vir asemhaal te behou.
Dis dieselfde AVB as in bv Ströh rum wat baie duurder is. Dis goed om so-ietsie te vat saam met baie sterk moerkoffie.
Waarskuwing, dit kan jou vakerige maak ...
Hoe lyk dit vir my asof jy op my spoor loop.
Ek was in Augustus op Groot Marico waar ek my jare lange pêl gaan opsoek het. Ek vra hom toe na jou pos hier en hy vermoed dat dit oorlê “Piet Mampoer” is wat die hakiesdraad gebottel het en sê dat die methanol daarin kom deurdat die pitte nie behoorlik as gevolg van onverskilligheid uit die stooksel verwyder word nie.
My pêl het self gestook maar het geruime tyd gelede dit opgesê juis wees die redes soos wat jy noem. Te duur. Dan het hy ook 'n geheelonthouer geraak en was die motivering nie meer daar nie.
Hy beskik nog oor 'n bietjie voorraad en het teensinnig 'n botteltjie aan my afgestaan wat ek natuurlik bêre. Ek glo daaraan dat hy, soos witblits, 'n bietjie moet "lê".
Mampoer-groetnis.
Raed-na-gael, jy was seker een van dié "hoogwyses" by Herman Charles Bosman fees. Nee, ek sommer uitstappie van altyd moeilike familie besoek gemaak en ook om die verval te ervaar in Noordwes ...
Ek bêre myne in vrieskas en gebruik dit as medisyneteen die ding wat ewolusie geskep het, stress ...