Kulkunsies van die taalkoeie, nommers 2 en verder

  • 0

'Kul jou hier, kul jou daar' sê die taalkoeie in hul gedagte terwyl hulle allerhande redes opdis oor hoekom hulle besig is om Engels, ten koste van Afrikaans, te bevorder.

Die mees algemene is die een soos beskryf in die brief kulkunsie nr 1, naamlik dat Afrikaans nou kamtig eksklusief is maar Engels nie. Dis natuurlik onsin; een van die groot redes is dat die swartes Engels verkies en Afrikaans moet dus taan as gevolg van 'n nuk. Die hoofrede vir Engels as onderrigtaal by Afrikaanse universiteite is natuurlik om die Engelse universiteite se las te verlig maar geen selfrespekterende lakei sal dit erken nie.

Maar dit net so terloops; laat ek by die res van die leuens uitkom soos so mooi illustreer deur prof De Vos in sy opstel Why the taalbulle will destroy Afrikaans. http://constitutionallyspeaking.co.za/why-the-taalbulle-will-destroy-afrikaans/#comment-58572

Soos sy titel aandui is 'n populêre taktiek om aan te val. Beskuldig die ander party van die duister dinge waarmee jyself besig is; aanval is die beste vorm van verdediging.

Dan is daar wilde, valse, beskuldigings: Die sogenaamde taalbulle sou nou wins maak deur bangmaakstories te versprei, "opportunistic exploiters making a fast buck out of the fear and misery of others." Waar in jou lewe...

Daar is hulle ou staatmakerstorie dat die Afrikaner so bevoorreg sou wees. Hulle, die taalkoeie, het dit al soveel kere gesê dat hulle dit al self glo. Die prof beweer dat "[Afrikaans] was relentlessly promoted during the apartheid years..." Afrikaans was nie erger gestoot as Duits in Duitsland of Frans in Frankryk nie. Om die waarheid te sê, daar was pogings aangewend om Afrikaans net as amptelike taal te handhaaf teenoor Engels wat nog steeds meedoënloos (ten koste van Afrikaans) gestoot en begunstig was.

Die groot kanon in hulle arsenaal is die boosheid en onbekwaamheid, volgens hulle, van hulle eie voorouers. De Vos sê "... the taalstryders [are] ... pining for the good old days of apartheid when they were in power and could stuff up the country all by themselves. Stuff up the country!? Ons get gedaal van eerste- na derdewêrelds en hy praat van die land opfoeter? Dink aan wat jy gesê het, prof, as jy die volgende band in 'n slaggat afskryf of hoor van die volgende plaasmoord, of renosterslagting of rowers in polisie-uniforms of transitoroof.

Omdat ons sulke nare voorouers gehad het, meen De Vos dis in die haak dat deel van die boetedoening die verwaarlosing van Afrikaans is. Hy stel dit so: "Other indigenous languages might well — very legitimately — be preferred above Afrikaans in this language policy, the latter being a language who had been very much affirmed and promoted for 50 years during the apartheid rule." Terloops, lyk my die studie van die grondwet neem baie tyd in beslag; hy't nog nie agtergekom dat "apartheid" al in die laat 70's opgehou het nie. Die implikasie dat die NP 50 jaar aan bewind was is ook 'n mite want van '66 af het die party al begin transformeer, meer PFP van aard geword. En as rasseskeiding sy pyn is, dan moet hy eintlik Engels aanval en uit die universiteite probeer weer; die NP het in '48 hierdie beleid van die Britse goewerneurs en Jan Smuts-hulle geërf.

Die taalkoeie, as regverdiging vir die heksejag op Afrikaans, teer absoluut op hierdie gewaande feit dat hulle voorouers sulke nare mense sou wees. De Vos praat van "..the horrors of our past ..", watter gruwels sou dit wees? Gruwels is die doodslaan van babas teen wawiele, die doodmartel van mense met strykysters en stoom, die versmoor van iemand deur kompos in sy keel af te druk, die feit dat die reeds hoë Eskomkrag met 26% in April gaan verhoog, die verkoop van polisie-uniforms aan kriminele deur hoogeplaaste politici, die soort van ding, dít is gruwels.

Nog 'n gunsteling van hierdie taalkoeie is die storie dat die taal nie sal vergaan solank jy hom praat nie. Wie flous hulle? Alreeds is daar OMROEPERS op die Afrikaanse radio wat Afrikaans praat asof dit hulle tweede taal is, wat nog van die gewone publiek? Terselfdertyd wys dit ook op De Vos se ongelooflike dunk van homself (friends in high places?); hy verwys na ses Afrikaanse skrywers op sy boekrak, 'n paar avant-garde musiekstukkies op sy iPod en die feit dat hy in staat is tot 'unprintable colourful Afrikaans expressions' en dit sou nou bewys wees dat Afrikaans gaan voortleef, en dit terwyl hy en sy medekoeie aktief die benadeling van Afrikaans bepleit. Waar val die man uit?

Hier's 'n strooihalm, weer eens die aanval-is-die-beste-verdediging-taktiek: Die US sal 'n derderangse bekrompe instansie word; slegs Afrikaans "... would relegate it to the status of a second or third tier parochial institution for the children of whites (including, ironically, many English speaking whites whose children attend Stellenbosch University because it remains overwhelmingly white) and a few coloured students from the platteland..."in die woorde van De Vos. Ek wonder hoe dink hy moet die kleurlinge van die platteland voel – die implikasie is die stedelike kleurlinge sal Engelse varsities toe gaan maar die plattelandse ouens is simpel genoeg om saam met 'n paar bekrompe Afrikaners en, nogal 'ironies', Engelse te studeer.

Hulle volgende truuk is om die grondwet verkeerd te vertolk. Moet wees want hoe kan, nadat ons kwansuis die beste grondwet in die multiversum gekry het, Afrikaanse varsities verdwyn en Afrikaanse skole DRASTIES verminder het? Die alternatief is dat daar 'n gemis in die grondwet is – hy's so geskryf dat wie ookal in bewind is hom kan vertolk soos dit hulle bevoordeel.

Hulle beweer daar is nie goeie Afrikaanssprekende dosente nie; as in Afrikaans onderrig moet word sal die US genoop wees om minderwaardige Afrikaanssprekende doserende personeel aan te stel. Die universiteit het gebaat " ... when it appointed the brilliant Prof Achille Mbembe in the Sociology Department), but this would not be possible if everyone was required to speak and lecture most of their courses in Afrikaans." Kennelik, ooglopend en duidelik drek.

Aanhoudend ook, weer eens as 'n soort van 'n weerligafleier, kryt hulle almal as 'jammergatte' uit wat nie saam met hulle stem nie. Jy leen 'n ou se kar, f#k hom op en as die ou jou aansspreek daaroor vertel jy hom hy's 'n jammergat. Die prof sê " ... , spare me the moans and groans about the need to “save” the language at Stellenbosch University." Die eintlike jammergatte is De Vos en sy mede-taalkoeie wat, sodra hulle gekonfronteer word, sanik hulle oor gewaande gruwels van die verlede, weeklaag en gil 'apartheid' en daarmee reken hulle dis punktum.

Dit is verbysterend dat taalkoei De Vos sulke quatsch kan kwytraak sonder dat sy neus groei en hy bloedrooi in die gesig is. Dink hy nou werklik die Afrikaanssprekende publiek (die gewones, die lakeie en anglofiele is 'n ander saak) sluk sy storie?

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top