Kuberkabouter wouter en die net

  • 0

Hello,

Die opskrif is my rigting as ’n belediging nieteenstaande die feit dat wel ’n glimlag sal bring vir die wat dit lees aangesien dit so lekker rol op die tong en dan nog verbrands rym met eie naam, wat die pyn net soveel groter maak. Dit is egter nie waarby ek wil vertoef word nie maar wel die aspek van die leser se verhouding met die internet. Elders het ek al melding gemaak dat die internet is nie ’n homogene entiteit nie en kan grootliks net gesien word as die infrastruktuur waarop miljarde webwerwe funksioneer en publikasies wat voorheen slegs in gedrukte formaat bestaan het ’n bestaan op die internet het en deel is van die miljarde webwerwe.

Die Financial Times het onlangs ’n artikel oor die onderwerp publiseer oor die verwikkeling en wat dit vir die leser inhou. Die artikel stel dit duidelik dat minder as 1% van die beskikbare inligting werklik enige waarde het vir die ingeligte en intelligente leser en dat dit grootliks gevind word in die webwerwe wat deur die hoofstroom media in stand gehou word en sluit daarom weer die bekende name soos die Financial Times, New York Times, Economist, Foreign Affairs alhoewel dit duidelik gestel moet word die lys is glad nie volledig nie en sal grootliks gevorm waaraan die leser bekend was voor die beweging na die internet plaasgevind het en nou haar gunsteling publikasies digitaal aanlyn kan lees. Dit word aanvaar dat al daardie tipes van publikasies nou ’n aanlyn teenwoordigheid het.

Die artikel brei ook uit en dui aan dat ’n ekstra 4% van die internet ook as waardevol kan beskou word en sal dan verwys na ’n webwerf soos LITNET wat sy ontstaan volkome op die internet gehad het. Die artikel maak ook dan melding van blogs en die belangrike rol wat dit kan speel in die leeservaring wat dit bring en lig blogs uit soos  Volokh Conspiracy vir kommentaar op die Amerikaanse regstelsel of die Monkey Cage vir politieke wetenskap en Marginal Revolution vir kommentaar oor ekonomiese aangeleenthede. Uit my eie verwysing stel ek FT Alphaville en Reuters Counterparties voor wat daagliks die beste sakenuus en verwante artikels versamel.

Hierdie blogs is nog meer waardevol aangesien dit kundiges is wat nou direk met hul lesers kommunikeer en rekord bied van die nuutste denke in ’n spesifieke veld.

Nog so ’n voorbeeld sal Language Log wees wat in detail oor die taalwetenskap, taalkunde kommentaar lewer en gereeld skrywes oor die onderwerp deur deskundiges in die veld publiseer. In die algemeen bied hierdie tipe van blogs, webwerwe ook nog skakels in hulle portuurgroep.

Hierdie ontwikkeling het dus weg beweeg waar die enigste vorm van gebruik die gedrukte formaat was en idees net op daardie manier kon bereik word. Die veld het nou so verander dat die skrywer direk met haar lesers kommunikeer sonder die middelman van publikasies, hetsy boeke, tydskrifte en nuusblaaie.

Die sosiale media versterk hierdie verskynsel nog meer, aangesien vriende op Facebook ’n artikel ‘”like” en so versprei na die wat in hulle kring is. Twitter is nog meer kragtig aangesien Twitter die leser toelaat om ’n instelling te volg wat gedurig deur skakels na waardevolle artikels publiseer en met ’n eenvoudige klik op daardie skakel die leser na die artikel neem.

Die voorlaaste aspek wat aangespreek word en hiervan getuig ’n onlangse ervaring hier deur myself die debat wat gewoed het oor FW De Klerk en waar die sou gewees het met belangrike nuuskonferensies en die vraag wat aan die kiesers gestel is met die referendum hier.

Dit is ’n aanklag teen die plaaslike media hier dat daardie historiese rekord nie elektronies beskikbaar is nie en dat daar staatgemaak moes word op internasionale publikasies op die verloop van die dekade waarna ek gekyk het beskikbaar te maak.

Die laaste aspek wat aangespreek word is die beweging van universiteite om ook ’n aanlyn verteenwoordiging in stand te hou. Daar was ’n paar jaar gelede hier ’n debat oor hoekom die inligting van universiteite nie vrylik beskikbaar is nie. Dit getuig van onkunde aan die persoon wat die stelling gemaak het.

Onlangse statistieke beraam dat ’n 1000 0000 000 lesings oor ’n oneindige lys van onderwerpe alreeds deur gebruikers afgelaai is en die getal hou aan groei sedert ITUNES dit beskikbaar gestel met die gerief van ITUNES se prosesse.

Dus om as ’n kuberkabouter uitgeskel te word is dalk seer in die begin, maar daar is geen ander plek waar ek wil wees nie as juis in kuberland, wouter, kabouter of nie.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top