Kuberdig

  • 0

Die  warrelwind het stil geraak
maar toe die uur van waarheid
aanbreek het my lied op sirkels
stof gekrap en soos die Recycle Box
se Empty-skuur van die kliek geklink

Tot laataand sou ons nog probeer
om deleted files te resurrect maar
nuwe warrelwinde sou ons spore
opsuig in die duister kolk wat sirkels
stof tot plaak vergader en sonder
disseldons se sagte val sou ons deur
Windows kyk en helaas besef die
landskap van die pen is soms so
rubberloos van format en delete gespeen

 

Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top