krygsvaarders beperk

  • 0

kan Mens, inderdaad, allie euwel, van oorlog uitwis,
mos donners almal-van-almal-familia, ’n feit, beslis,
so tragies dan, ja, lat’t Mens yskoud, Gewete-loos,
zero-minus, voel, re welstand, van Naaste se kroos

Gewete-herwinning, Stryd, nie naastenby al g’stry,
Bevryding nie moontlik weens onkund’-ontkenning,
t’min ken iets oor Finaliteit, Deurbraak-Oorwinning,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens wil glo só bly

produk van Zabalaza: InkhuluLekho, izaBuya Nini,
onnerdrukt’ inne waas, sienie oud-MK se Mshini,
willie kop lat almal amnestie, genade, verdienie

sallit as sodanig geskrewe staat, in geskied’nis,
lat voorouergeeste nie paslik, wenslik, kan rus,
wyl nageslag met oorlogsophemeling besig is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top