Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Hoe kan jy maak of jy weet
As ek weet jy vergeet my weer en weer
Hoe kan jy maak of jy my ken, hoor hoe hees is my stem
Geskree vir jou
Maar jy weet mos ek prober, jy kan sien ek het so seer
Sit die geweer langs my kop
Tel tot drie en vat 'n asem jy word weer nuut gebalsem
Luister mooi
Refrein:
Met dwelms, drank en sigarette
Het ek die ink uit gemaak
Waarmee ek die storie van my jong dae
Gekomponeer het
Seks, rock n roll en terug na die maan
Is waar ek gaan
Kan jy my daar kry?
Vers 2:
Maar ek voel nou weer beter
Ek weet dit verseker, ek is genees
Kyk hoe groen lyk die blare
Hoe skoon is die water, ek is weer rein
Maar jy weet ek het prober
Ek het my les geleer
Geen meer negatiwiteit
Tel tot drie en vat 'n asem
Jy word weer nuut gebalsem luister mooi
Refrein:
Met dwelms, drank en sigarette
Het ek die ink uit gemaak
Waarmee ek die storie van my jong dae
Gekomponeer het
Seks, rock ’n roll en terug na die maan
Is waar ek gaan
Kan jy my daar kry?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

