"Kruising" deur David van den Bergh

  • 0

Kruising

inleiding:
jy’t lankal  weggegaan
ek het vergeet hoe jy lyk
wat oorbly is die fotos
maar die beeld het reeds verbleik

vers een:
en ek kan voel
hoe my gedagtes jou laat
wegraak
en ek kan voel
hoe my geheue jou laat
verdwyn

refrein:
maar as EK slaap
dan kom maak jy draaie in MY kop
en as JY droom
dan kruis ons paaie in JOU kop

vers twee:
dan voel ook jy
hoe jou gedagtes my laat
wegraak
dan voel ook jy
hoe jou geheue my laat
verdwyn

refrein:
dan ontwaak ons
en besef
daar was tog eens
’n kruising voor die stop.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top