Krotoa Who?

  • 0

is u agbaar raadslede, representante, oortuig, vasbesluit,
denk julle julle is veel beter, beskaafder, legitiem, as sy,
julle dra voorouername en –vanne, polisnommers, sertifikate,
sy’t nog steeds nieks, niks, zero, zultsch, fokol, oppie koop toe,
net nogge dom-onnosel, onkund’-ontkennend, Self-vernietiger,
eeue al tot paloeka, moegoe, eish, ultra-mampara, skebenga,
verimperialiseer, geïndoktrineer, gebreinspoel, in onkunde in,
in oop-‘n-bloot aanvaarding van, submissivering, oorgee, aan,
beginsels, teorieë, prinsipes, doktrines van struktuurgeweld,
vir eeue, millennia, tot poespaspaloeka, grapsubjek, marjonet,
verrinneweer, verimperialiseer, tot ekonomies ongeletterde,
tot “Boesman”, “Hottentot”, “Kwerekwere”, “Slams”, “Bhulu”,
“Boesie”, apartheidsaanhanger, “ras”-‘n-“klas”-klassifiseerder,
selektief visenteerder, van historie, geskiedenis, van Eerstes,
Eerste Mens se Kaapse Kapenaar-afstammeling, eie stamlid

is julle nie eens honderd persent bewus van jul eie gewetenlose
wreedheid, kilheid, verstupidifiseerdheid, Self-Gewete-loosheid,
apartheidsindroom innie are, ignoreer julle “Eva van Meerhof”,
hoe lank bly mevrou Havgard nog só, geïsoleer, so ver apart,
toetentaal buite denkpatroon van julle, binnekringbegunstigdes

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top