Krisdos ee mech mer haydnetsav

  • 3

Beeld gee die volgende verslag: Groeiende kommer oor die lot van Siriese Christene slaan die laaste tyd deur in die Europese en Westerse media. ’n Onderhoud wat deur verskeie ander media oorgeneem is, is dié van eerw. Simon Jacob, verteenwoordiger van die Siries-Ortodokse Kerk in Duitsland, met Bild-Zeitung. Hy het gesê: “In Sirië word die Christene vervolg en verdryf. Daar was reeds wrede teregstellings. Die situasie herinner aan die voortdurende Christen-vervolging in Irak. As Al-Assad omvergewerp word, sal die situasie deur die magsvakuum vir die Christene in Sirië verder versleg.”

 

Sirië is 'n Arabiese land waar daar in Armeens gebid word.

Die woorde God, Jesus, Christus en Christen bestaan nie in Armeens nie.

Die begrippe wel.

Vandag is daar vele Arabiese name vir Jesus onder meer Hisus, Isa, Yaso'e en Masih. Christene word Massihiyeen genoem.

God in Armeens is Aalah wat presies dieselfde betekenis as die woord Allah in Arabies het.

Die woord Allah is in vele opsig 'n meer gepaste woord as God omdat die woord Allah nie in meervoud of geslag uitgedruk kan word nie.

Ons aartsvader Avraham se aanbidding tot El Shaddai, Moshe Rabboenie se aanroep tot Elohim en onse Yeshua Krisdos se openbaring as Alaah dui alles na dieselfde Almagtige.

Dis nie verskillende "paaie na Rome" soos daar op gereeld deur ware Christengelowiges met minagting op die werf aangevoer word nie. Siriese Massihiyeen aanbid Hisus Krisdos Aalah.

Beskou die werf se ware Christengelowiges, Siriese Massihiyeen as hul broeders en susters soos daar in Die Beeld en ander Protestante media in die wêreld voorgegee word?

??? ?? ???, ?????? - Hisus du prkichn es im - Kom na my, Jesus ...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,

Cornelius

  • 3

Kommentaar

  • Cornelius,

    Ek weet regtig nie of jy moedswillig , beperk van begrip of bloot ‘n amok-maker is nie. Daar is al vele skrywes op hierdie forum deurgegee (van Kobus, Henry, myself en ander ware gelowige christene) oor presies Wie en Wat Jesus Christus die HERE is en wat duidelik aangedui en ondersteun word in die Woord self - die Waarheid (die Bybel) en wat self deur Jesus Christus die HERE gesê en beveel is  – oor wat ware geloof is.

    Enige mens – wit, swart, geel, groen, bruin, blou, pienk ens. wat erken én bely dat God ons Vader uit genade, versoening met Homself bewerkstellig het – vir álle sondaars – ín en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons HERE, se kruisdood en opstanding en ook Hom (Jesus Christus) as die enigste Verlosser, Saligmaker en Middelaar bely – die Weg, Waarheid en Lewe deur wie niemand tot God (die Vader) nader nie, behalwe deur Hom (Christus)ís ‘n ware gelowige en is ín Christus!

    Joh. 3:16-18 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.”

    1 Joh. 3: 5-6 “Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie. Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.”

    1 Joh. 4:9-10 “ Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy enigste Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”

    Duideliker as dít kan ek nie die enigste ware evanglie uitspel nie. Of jy bely en erken Jesus Christus die HERE só of Hy het vir jou geen betekenis nie en jy maak van Sy volmaakte  offer – kruisdood en opstanding,  júis vir alle sondaars - ‘n bespotting en die waarheid is nie in jou nie! Daarom is die ware christelike geloof nie vereenselwigbaar met enige ander godsdienste nie – want hulle erken nie Jesus Christus as die enigste Middelaar en Hom alleen as die Alfa en Omega nie!

    Dui asseblief vir my op hierdie forum aan waar die moslems, hindoes, boedhiste, en/of enige “ander” godsdienste (wat jy so aanhang), Jesus Christus die HERE soos hierbo verwys - volgens die enigste ware evangelie en soos opgeskryf staan in die enigste Waarheid – die Woord van God (die Bybel) – bely en erken en aanvaar as die enigste Weg, Waarheid en Lewe en Middelaar tot God die Vader! En ek sluk my woorde en sal nederig om verskoning vra.

    Maar, jy sien, jy kan nie – omdat jy Jesus Christus die HERE afgewater het (lasterlik só) tot op die vlak van – onder andere – mohammed, die boedha beeltjie en die hindoe afgode. Jy het Jesus verraai, Sy offer verontagsaam en Hom vervorm in jou eie dwaalende gemengde godsdiens ideologie – en dit alles tot ondersteuning van jou eie waninterpitasies van die Woord van God. Die snaakste van alles is dat jy geen Woord en Waarheid gebasseerde teregwysing duld nie en hardkoppig volhard in jou onkunde en dwaalweë. Nee, Nee, Nee, Cornelius!

    Dolf

  • Dag Cornelius,

    daar is goeie artikels daaroor in Israel Today en Israel Hayom.

    Shalom

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Duitswester,  

    Sholem aleykhem.  

    Sirië is gewis 'n gevaarlike kookpot in die Midde-Ooste.

    Beskou 'n mens die uitdaging om jou geloof daar te leef, dan is die ware Christengelowiges se onthutste en naargeestige onderdrukking van ander se harte hier 'n kleinigheid.  

    Ek wonder ook altyd hoe 'n onsinnige uitdrukking soos "ware Christengelowige" deur Kobus de Klerk en sy huiskerksekt-lakeie met soveel haat onder ander se neuse gevryf word.

    Die enigste vrede is maar te aanvaar 'n "valse Nie-ChristenONgelowige" in hul  beperkte denk vermoë en fundamentele anderhaat vervolging te wees.

    Die Boodskap dat Yeshua Ha'Mashiach Ha'Elohim is, dra veel meer vreugde in ons hart as enige farisese en skrifgeleerde (lees spirituele intelligente) titel daaraan gekoppel.  

    A dank.  

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top