Beste Webvoet
Ek is nie ’n vreeslike krieketentoesias nie, maar ek ruik ’n rot.
Die Proteas speel deesdae gereeld net 3 toetse. As span A die eerste twee toetse wen, sou daar min belangstelling vir die laaste toets wees. Nogal interessant dat die patroon ABA of ABB deesdae ontwikkel het. Heel dikwels vaar die span wat die eerste toets met vlieënde vaandels gewen het, power in die tweede toets. Ek hoop maar net dat nie ’n geval is van die krieketindoenas wat hekgeld (sakebelange) bo sport stel nie.
Ons hou hulle maar dop.
Groete
Jacobus

