Krieket

  • 1

Oor vyf dae,
Of een.
Dit hou nie,
Van reen.

Slaan die kolf,
Die bal.
Raak die skare,
Mal.

Is dit vier lopies,
Of ses?
Word die telbord,
Se lopiedors geles.

Kompetisie,
Is straf.
Tussen bal en kolf,
Wie gaan as wenner afdraf?

Huis en gas,
Spook dit uit.
Die hoogste telling,
Gaan later besluit.

Wie is die wenner?
Wie het verloor?
Watter span,
Gaan die beker opspoor?

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top