Kreoniste se ewolusie is binne perke van geloofsdogma. Angus beweer dat geloofsdogma nie 'n wetenskap is nie. Daar is tog geen manier om bv Adam, Moses of Jesus te dagvaar om in 'n hof viva voce te getuig nie. Tog gaan elke "profeet" argumenteer dat geloofsdogma feitlik is en verifieerbaar ... op grond van hoorsê.
Spekulasie gebeur wanneer iemand postuleer soos in enige TEORIE-opstelling. Daarna begin die soektog na feite. Tot dusver was daar GEEN argeologiese bewyse van intermediêre spesies fossiele opgegrawe, bv vis-na-mens-ewolusie nie. Daar is baie spekulasie om nog feitlik te bewys, anders sou daar tog net wetenskap-geskiedenis gewees het.


Kommentaar
Daar was nog nooit ʼn tyd om Adam, Moses of Jesus voor ʼn hof te laat getuig nie, behalwe in ʼn mitologiese verhaal, want hulle is almal mitologiese figure.
Die wetenskap berus nie op hoorsê, en bewerings van “elke profeet’ nie; dus is geloofsdogma nie ʼn wetenskap nie.
Ek het vrede met wat iemand postuleer. Wetenskaplikes begin met feite en hipoteses. Daarna volg deeglike navorsing en toetsing. Eers daarna word wette en teorieë geformuleer.
Die evolusieteorie het nie enige fossiele nodig as bewys vir enigiets nie. Fossiele is maar net ʼn bonus en daar bestaan nie so iets as intermediêre fossiele nie. Dis maar net ʼn nuwe naam wat kreasioniste aan die “missing link”-storie gegee het. As jy dan, teen wil en dank, ʼn intermediêre fossiel wil hê, dan is elke fossiel intermediêr.
Natuurlik is daar ʼn wetenskap-geskiedenis. Die internet is vol daarvan.