Kraaie op die pale in Noord-Kaap

  • 3

Ek het iets wat my opval, vandat ek in die Karoo bly. Die pad-"pizza's" van bakoorjakkalse wat doodgery word in die nag. Hordes witborskraaie, wat strepe skyt op elektriese kabels se pale, wat lui opvlieg, waar hul stukke vleis van dooie diertjies van teerpad af vreet. 

Dit laat my onwillekeurig dink aan die uitdrukking: "Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" – die tenderpreneurs en staatskapers en dan die kraaie wat die nabetragting by een of ander kommissie van ondersoek doen en laaste vleis van bene pik ...

Is die parlement regtig in beheer van die SA-regering?

Hans Richardt

  • 3

Kommentaar

  • Hans, ek kry baie keer vuil kyke en 'n koue skouer. Ons is lank tyd reeds stadig maar seker gebreinspoel. Die wat nog gehad het. As jy vir iemand waarvan jy nie in jou omgewing hou nie die lewe warm wil maak, gebruik die media. Of dit die massamedia en of sosiale media is. Dit werk oral. Ons mense dink nie meer nie. Daar is altyd drie kante van 'n storie. Myne joune en die waarheid.

  • Hans Richardt

    Ek weet nie mooi van dinge warm maak in media nie. Daarvoor het hul vooropgestelde agenda, van wat polities korrek is.
    Ek sit nou die oggend in die flou Karooson op my voorstoep en kyk na dassie so groot soos 'n hond in Witgatboom en dink by myself, dis goeie analogie met staatsamptenare. Hul bak eers wat vroue nie kan nie en draai dan weer die anderkant vir die son. So gaan die dae luilekker verby. Die arme bakoorjakkalse laat my dink aan belastingbetalers, wat geen gevaar vir iemand inhou nie, maar uit verwarring in vinnig bewegende ligte, hulself teen karwiele dood hardloop. Êrens bly 'n gesinnetjie wees agter, terwyl die kraaie die stukke vleis aas.
    Wie gee regtig om?

  • die waarheid het lankal voor die fake news (om my held aan te haal) gesneuwel. daar is nou net die waarheid soos gebring deur poefters, paaiers en werfetters. En hulle waarheid afgedwing gaan veel erger as Adolf Hitler of Stalin wees. Anders as bg het die nuwe spul geen genade nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top