"K.O.W.N.V. (kom ons wees net vriende)" deur Jaen Rossouw

  • 0

K.O.W.N.V. (kom ons wees net vriende)

Ek kan onthou toe jy my die K.O.W.N.V. gee,
Kom ons wees net vriende het jy gesê,
Met ’n vals lag en ’n regte traan sê ek toe dis oukei.

Maar nou vat ek jou uiteindelik as my meisie uit.
Met blomme en sjokolade klop ek aan jou kamer se ruit.
’n Fliek en ’n ete sal die ding doen,
’n Fliek en ’n ete en dan ’n sopsoen.

Ek leun in om ons eerste soen te begin,
Dis toe jy my weer die K.O.W.N.V. gee,
Kom ons wees net vriende sê jy,
Met ’n vals lag en ’n regte traan sê ek dis oukei.

Hoekom moet die slegte ou altyd die meisie wen?
Hoekom word die goeie ou altyd net as ’n vriend geken?

’n Ongemaklikke aand gaan verby,
Ek hou van jou, maar jy nie van my.
Ek’s moeg om altyd net die vriend te bly.

Na ’n paar glasies wyn stuur jy vir my die liefdesein
Ek leun toe in om ons eerste soen te begin,
Dis toe jy my die K.O.W.N.V. gee,
Kom ons wees net vriende sê jy,
Met ’n vals lag en ’n regte traan sê ek dis oukei.

Hoekom moet die slegte ou altyd die meisie wen?
Hoekom word die goeie ou altyd net as ’n vriend geken?

Miskien sal ons eendag uitwerk.
Eendag wanneer jy jou oë oopmaak,
Eendag wanneer jy jou ore oopmaak,
Eendag wanneer my lippe aan joune raak,
Sonder om my die K.O.W.N.V. te gee,
Sonder om te vra kan ons net vriende bly.
Dan kan ons net sê ek hou van jou en jy hou van my.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top