Koue Oorlog-dieet

  • 0

Mens se Gewete pla, wat daarvan oor’s,
eish, elke dag Duiwelspiekpaparazzi,
-psigologie, -paradigma, -poespaspolitiek,
Mens sou sweerlik dink’t’s elke dag so,
soos ’n Swart Dinsdag, almal ingelig,
almal voor innie koor, voor SABC,
voor Parlement, voor Geregtigheid,
Mens se Gewete pla, dit wat oor is

kanti, alles wat onparadyslik is, moet uit,
uit stelsel, uit opvoedkunde, uit godsdiens,
soos boosheid, daai tyd, uit Paradys uit,
Mens agter hom aan, dubbel-’n-dwars,
verban tot domnooslik neo-“ras”-klassifis,
imperialis, onder een of ander dekmantel,
gewapen met geweld, struktuurgeweld

selfs in Millennium Drie, o Heiligheid,
wil “Vrye Wêreld”-leiers, “geestelikes”,
huursoldaatlik ultra-amok maak,
superdikgevreet aan wellus-dieet,
GM-gemorskosdemokrasie-produk,
landsvlag op vreemde grond t’hys,
sonder Gewete, gewetenloos, kil,
vaderlandsliefde vol haat, geweld,
op “inboorling", eiehandig afdwing,
inkommer: net eie lot van belang,
Naaste minder waardig as Mens,
Self, onder narcissisme se narkose,
nie te veel las van iets soos Gewete

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top