standbeelde
met klipharte
laat my koud
kamtige kamerade
met kaart en transport
vir oes waar hulle nie gesaai het nie
my helde lewe
hul bloed is warm
vloei soms in strate
enkelma’s wat opvoed
verkragtes wat opstaan
pa’s wat seuns leer
hoe om lief te hê
dis wat die mense hier sê

