dit gaan woes
hoe die wêreld hoes
en proes
dié griep
sny sielsdiep
winkels loop leeg
rasendes reik uit
na raad
siele druppend
vol van vrees
vasgevang
in ’n wurggreep
van kommer
oor wie volgende
op die doodslys
gaan wees
wetenskaplikes
sit met hulle hande
vol onrus
stoei steeds sterk
oor hoé om dié
vernietigende virus
aan die slaap te sus


