Beste Litnetredaksie,
Dankie vir al die wonderlike skryfgoeters wat ek ontvang en heerlik, rustig kan lees.
My rustigheid is ’n bietjie versteurd vanaand en ek stuur my woorde vir julle.
Korona
Toegespin –
’n aasemteug ver
die wêreld
vergaan
Asem –
haal
swart vlermuise
fladder verby
my slaapkamervenster
land skreeund
op die dak
spoeg
in my oog
my are swel
bloed
suurstof
loop teen my bene af
my hare val uit
my mond
vol vlerke
’n hartklop
bons my ribbekas
oop
angstige oë
kruip oor die spieël
en
versmoor my

