“koos”, jy seg:
Dit het egter als verander toe my eersteling dogtertjie (sic) gebore is. Van daardie oomblik af is ek ’n vegter vir elke moontlike vrouereg en voorstander van die idee dat daar niks behoort te wees wat in ’n vrou se pad staan om enigiets te wees of word wat sy graag sou wou nie. Gee haar elke moontlike voordeel en nog meer, sê ek.
1. Waarom het jy eers ’n “vegter” geword met die geboorte van jou dogter? Of anders gestel: Wat is op daardie oomblik aan jou geopenbaar wat jy nie vantevore geweet het of kon geweet het nie? (Geglo in die ooievaar?)
2. Ek wonder wat bedoel word met “elke moontlike vrouereg”? Alle indiwidue behoort gelyk te wees voor die Reg, daarmee stem ek heelhartig saam, maar seg jy dat daar spesiale regte moet wees waarop net vrouens aanspraak kan maak? Hoekom so?
3. Dink jy ook daar behoort niks in my pad te staan om enigiets te wees wat ek wil wees nie? Of is die feit dat ek nie ’n “helicopter pilot” kan word nie, my eie probleem waarmee ek as man maar moet saamleef?
4. Is dit nie aanmatigend om te dink dat mans in ’n posisie sou wees om aan vrouens hul regte te “gee” nie? Vrouens kan hul regte mos self afdwing, soos mans – of seg jy dat hulle nie in staat is daartoe nie?
5. Is die blote stelling dat vrouens “voordele” moet ontvang nie skreiend chauvinisties nie?
Nee-wat, die sewentigs is veby, ou pêl – daar is heelparty plekke in die wêreld waar die meisiekinners jou strot sou uitruk vir die goed wat jy hier kwytraak ...
Oom Daan

