Koos Bekker maak ’n fout …

  • 0

… want hy praat van “biljoene” in plaas van “miljarde”. Verder was dit een van die interessantste onderhoude wat ek nog gesien het (Robinson Regstreeks). Hierdie Koos Bekker lyk vir my ’n besondere besigheidsman en bestuurder te wees.

Iets wat ek egter graag meer gekwalifiseerd wou sien is sy stelling dat ons nou twee maal meer welvarend is as wat ons was in '94. Dit skep die indruk dat sedert '94 iets wonderliks gebeur het, dat die eksponensiële groeikromme ’n opwaartse knak ondervind het. Dit mag so wees maar sonder die nodige statistiek is daar niks wat sê die kromme het ’n afwaartse knak gekry nie; p^q in 1994 kan nog steeds die helfte wees van p^(q-a) in 2011. In 2011 kon p^q dalk drie of vier maal sy '94-waarde gehad het. Ook het hy nie aangedui of die tydwaarde van geld in aanmerking geneem is nie – in reële terme is ons dalk in presies dieselfde posisie, of selfs slegter daaraan toe.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top