My gunsteling-resep vir vis, verkieslik baber, is soos volg:
Bestanddele:
Kry een baber, plus minus drie kilogram,
drie tamaties,
een groterige ui,
twee knoffelhuisies,
sout en wit peper,
vars kruie "fennel" stokkie.
Metode:
Sny die baber se kop en stert af. Sny die baber oop en sit die gekerfde uie, knoffel en tamatie in die baber se maag-area.
Kry ’n broodplank en sit die baber daarop.
Draai die baber en broodplank met aliminium foelie toe.
Sit die vis in ’n voorverhitte oond, 180c, vir ongeveer een uur.
Maak ’n doopsousie met majonaise, mostert, suurlemoensap en tamatiesous.
Haal die vis na ’n uur uit. Haal die foelie af. Krap die tamies, uie en knoffel uit die baber se maag.
Gooi die baber weg, en smeer die broodplank met die sousie en eet.
Geniet dit
Reusedwerg
- Klik hier om meer te lees oor die kompetisie.

