"Koningskos" deur Engeline Gericke

  • 0

Koningskos

Skilpadsop en ’n stywe dop,
is wat jy wil hê
as jy pens en pootjies
met hoofpyn in die bed moet lê.

Knapsakskywe en plomp olywe
is waarna jy voel
as jy so kalmpies en so koel
met jou meisie
by die piekniekplekkie woel.

O, die tye het verander
ons almal leef vir ander
Niks is meer besonders
Niks is meer watwonders

Net pap en wors met chakalaka
bly deur die jare lekka-lekka
met melktert en pypkaneel
het my ma my pa se hart gesteel
O, die lewe is ’n pot vol sout en kruie
maar jy’s die balsem vir my buie

Boksrooiwyn en balsamic asyn,
is waarna jy smag
as jy by die huis kom na ’n lange dag
en die braaivleisvuurtjie vir jou wag.

Kerrie-en-rys met ster-anys
is wat jy koester
want die wêreld om jou raak al woester
maar die smaak van lewe
is die pêrel in jou oester.

O, die tye het verander
ons almal leef vir ander
Niks is meer besonders
Niks is meer watwonders

Net pap en wors met chakalaka
bly deur die jare lekka-lekka
met melktert en pypkaneel
het my ma my pa se hart gesteel
O, die lewe is ’npot vol kruie
maar jy’s die balsem vir my buie

Kerrie-en rys met ster-anys
is wat jy koester
want die wêreld om jou raak al woester
maar die smaak van lewe
is die pêrel in jou oester

Net pap en wors met chakalaka
bly deur die jare lekka-lekka
met melktert en pypkaneel
het my ma my pa se hart gesteel
O, die lewe is ’n pot vol sout en kruie
maar jy’s die balsem vir my buie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top