Konflik myself
Dit is teleurstelling wat ek uitblaas
Terwyl ek sit en dink aan dinge wat my nie verbaas
Is ons ’n produk van ’n generasie se fout?
Want ek dink ons almal is ewe benoud
Ek is trots op my nasie
En deel van ’n nuwe generasie
Te lui om op te staan
En te bang om te vergaan
Hierdie bagasie wat ek dra raak te swaar
Dit is vol verlore drome en verlate hoop
Is dit nou ons tyd?
Of kan ek maar my siel verkoop?
Jou veiligheid en vryheid is beperk
En ons almal los maar ons eie merk
![]() |



