"Kon jou nie keer" deur Jacques Potgieter

  • 0

Kon jou nie keer

Ek dink weer terug aan daardie dag
Daardie dag toe ons paaie skei
Jy is volstoom op koers in ‘n ander rigting
Ek is staties, terwyl die vrae my steeds binnedring

Hoe was dit vir jou so vanselfsprekend verby?
Ek glimlag, maar ook net as jy vir my kyk,
dit is nie so maklik soos dit vir jou lyk
dit is nie so maklik soos dit vir jou lyk

Ek dra ‘n masker permanent
Dit is vir my gesig al so bekend
Dit is vir my moeilik om dit te aanvaar
Ek wonder nog steeds wat het werklik gebeur
die saak bly staan, ek kon jou nie keer
en die saak bly staan, ek kon jou nie keer

Nes ek vergeet van gister,
dan kom môre weer
En al wat ek dan kan doen
is terug dink aan ons eerste soen

Ek dra ‘n masker permanent
Dit is vir my gesig al so bekend
Dit is vir my moeilik om dit te aanvaar
Ek wonder nog steeds wat het werklik gebeur
die saak bly staan, ek kon jou nie keer
en die saak bly staan, ek kon jou nie keer

Ek wens nog net vir een dag saam met jou
Dat ek jou nog net vir een dag kan vashou
Ek wens vir nog een dag van bly
En ek wens hierdie dag
was die dag, voor ons paaie skei

Ek dra ‘n masker permanent
Dit is vir my gesig al so bekend
Dit is vir my moeilik om dit te aanvaar
Ek wonder nog steeds wat het werklik gebeur
die saak bly staan, ek kon jou nie keer
en die saak bly staan, ek kon jou nie keer
 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top