"Kommunelewe is lekker" deur Michael van der Walt

  • 0

Kommunelewe is lekker

Intro

Kommunelewe is lekker, kommunelewe is rof
Laas nag het daar weer iets in die kombuis ontplof
Kommunelewe is lekker, maar somtyds is dit hel
Hierdie volgende liedjie sal julle meer vertel

Verse 1

Ons eet pap sonder suiker, want die suiker is te duur
Ons drink koffie sonder melk, want die melk is altyd suur
Dis altyd ’n gejaag oor wie eerste gaan stort
Want aan warm water is daar gedurig ’n tekort

Verse 2

Die driveway is te klein en ons word altyd vasparkeer
Daar's altyd beter dinge om te doen as om te sit en leer
Ons pay aan die einde van die maand
Hou tot die einde van daai volgende aand

Chorus

Kommunelewe is lekker, kommunelewe maak ons groot
Ons lewe van dag na dag van 2 minute noodles en brood!

Verse 3

Ons haat dit om op Saterdae wasgoed te was
Daar's n ander ou se onderbroek onder in my kas
My koffie raak op en my toiletpapier weg
En as ek iemand konfronteer raak dit ’n geveg

Bridge

Die DSTV werk nie, die krag trip gereeld (x3)
Maar in my kommune is ek nooit verveeld!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top