Kommentaar op Marius Crous se resensie van Die val van die dice deur Pat Stamatélos

  • 0

? Web wat die aandag van mense met feministiese neigings sal vang.

Marius Crous het daarin geslaag om die teikenmark van die boek goed vas te vang in sy resensie, “My sonde: ek is vrou, ek is Boer, ek haal asem”, oor die boek Die val van die dice deur Pat Stamatélos. Die teikenmark kan gesien word as vroue in die algemeen, veral vroue wat onderdrukking ervaar as gevolg van kulturele konvensies.

Die resensie wakker woede binne die leser aan, omdat dit wat vertel word teen die waardes van soveel mense, veral feministe, indruis. Die gebeure wat in die resensie aangeraak word, dui sterk op die manier hoe die sentrale karakter in die boek, Pattie, so te sê mishandel word deur haar man.

Crous brei dan uit oor die onderdrukking van die spesifieke vrou en dit is juis hierdie onregverdige behandeling van die vrou wat die leser aanmoedig om verder te lees. Die voorblad van die boek en die verduideliking van Crous oor die voorblad, is baie insiggewend, aangesien die voorblad self ? belangrike storie vertel oor die verlange en eensaamheid van die vrou.

Hy gee die voldoende agtergrondinligting, aangesien die boek op ? vorige boek van Stamatélos volg en dit noodsaaklike inligting vir die leser is. Hy gee ? goeie beskrywing van die boek en staaf dit met vele aanhalings uit die boek. Wat my egter hier pla, is dat hy baie kerngebeure in die boek openbaar deur die gebruik van die aanhalings en vertellings uit die boek. Verraai hy nie sodoende die spanning van die boek nie? Dit wat die toekomende leser moet ontdek word reeds in die resensie uitgelap en die trekpleister kan sodoende sy volle sterkte verloor. Die resensie is ook ongemaklik lank en verloor maklik die leser se aandag.

Na al die faktore teen mekaar opgeweeg is, is dit myns insiens tog ? goeie resensie wat voldoende inligting weergee.

Rezel van der Merwe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top