Kommentaar op Johan Anker se Chinchilla-resensie

  • 0

Johan Anker se resensie oor van Rooyen se debuutroman, Chinchilla, het my opnuut laat wonder oor die mate van kritiek wat in ? resensie nodig is. Johan Anker is net vol lof vir die skrywer se debuutroman – van die oorspronklike taalgebruik tot die diepliggende karakterisering.

Ek is van mening dat die resensent ? balans tussen positiewe kommentaar en opbouende kritiek moet handhaaf. Dié met ? bietjie letterkunde tussen die ore, lees ? roman nie vir ? slaaptydstorie nie, maar om dit te ontleed en te herkou totdat hulle ? ingeligte oordeel kan uitspreek. Die intellektuele leser lees dus krities. Selfs bekende skrywers ontvang kritiek en daarom is dit ongeloofwaardig dat daar nie ? sweempie van kritiek oor van Rooyen se EERSTE roman is nie.

Die resensie begin met ? onnodige aanhaling van Onno van der Hart. Om daardeur te worstel is soos om kougom te eet as jy honger is – dit bevredig jou nie en maak jou net “moeg.” Tog slaag Johan Anker daarin om die res van die resensie stylvol aan te pak en die kort sitate effektief aan te wend.

Johan Anker interpreteer die roman op letterlike sowel as simboliese vlak en so skep hy suksesvol ? vertrekpunt vir die oningeligte, dog gretige leser. Hy spring ook nie op die mallemeulerit van letterkundige jargon nie, maar verwys wel sonder verduideliking van die begrip na “Jungiaanse terme.” (Sielkunde-leke mag dalk wonder of dit ? vorm van voëlgriep in die Ooste is).

Dit is duidelik dat Johan Anker die roman aandagtig gelees het. Hy let fyn op na detail soos reuke, die waarde van die ruimte en die idiomatiese taalgebruik in die roman en integreer dit op so ? wyse in sy resensie dat hy die roman vir die nie-letterkundige ook toeganklik maak. Hy faal egter daarin om enigsins vir die leser ? prentjie van die debuutromanskrywer se agtergrond te skep en laat dus die letterkundige leser met talle vrae agter.

Solette Stander

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top