Ag ou Dirk, is jy al weer met sendingwerk besig? Ek sê mos almelewe die ateïste het ’n groter missie as wat enige sendeling of Jehova-getuie kan hoop om te hê. Al verskil is hulle, die gewone sendelinge, verkondig waar julle geleenthede skep om te hoon en te smaad.
Jy praat van ‘hierdie christenland’. Nie meer nie; toe hierdie nog ‘n christenland was, was daar nie agt opstande per dag nie, rou riool het nie die riviere in geloop nie, die strate was nie vol slaggate nie, die hospitaalbeddens en -beddegoed was nie gesteel nie, universiteitskampusse was skoon en mooi en veilig, Marabastad het nie oorgespoel Pretoria se middestad toe nie, daar was nie messtekery in christenskole nie, mense kon nog langs hoofweë padkos onder koeltebome eet, mense kon nog deurnag by padkafees iets gaan eet, kon nog window shopping in die stede na fliek gaan doen, Joubertpark was veilig en mense het daar tee gedrink en skaak gespeel en dit was skoon en sonder papiere en plastieksakke en so voorts EN SO VOORTS.
Maar julle sogenaamde verligtes het meegewerk daaraan om dit nie meer ‘n christenland te maak nie. Laat ek maar in Engels vir jou sê sodat van jou maatjies ook kan verstaan: You guys fucked up man, big time!
Jan Rap

