Kom laat ons boekevat: Die Wouter-Comestor-leesfracas

  • 0

Die huidige "my leeslys is lywiger as joune"-onderonsie tussen ons inwonende boekwurms Johannes Comestor en Wouter het my – huiwerig – laat loer na my eie leeswerk so ver die jaar. Sou ek my tuisvind in die uitgelese groepie?

America en The Castle – Franz Kafka. Hoe anders ’n jaar begin waarin die wêreld – twee keer! – sou eindig as met die Meester van die absurde?

Stories – Roald Dahl

Our Selves - Martinus Versfeld

A Portrait of the Artist as a Young Man – James Joyce. Makliker as Finnegan's Wake, korter as Ulysses.

Sophist en Statesman – wat is ’n leeslys sonder ’n goeie dosis Plato?

The Art Instinct – Dennis Dutton. Dutton verduidelik mooi hoe evolusie ons van boomtak tot kunsgallery gebring het.

Buddenbrooks – Thomas Mann. Dit is totaal onaanvaarbaar dat hy hierdie boek in sy vroeë twintigs geskryf het.

Cloud Atlas – David Mitchell

Reason, Faith and Revolution – Terry Eagleton. Wie sou kon droom dat die aartskommunis korte mette met "Ditchkens" en kie sou maak?

The Death of Adam en Absence of Mind – Marilynne Robinson

Sunset Unlimited – Cormac McCarthy. Nie heeltemal so opgeruimd as wat die titel voorgee nie.

Black Lamb, Grey Falcon – Margaret West se magnum opus oor Joegoe-Slawië.

Woordwerk – Breyten Breytenbach. Wonderlike boek.

A Game of Thrones, A Clash of Kings, A Storm of Swords – George RR Martin. Ridders, dwerge, towenaars, konings Goed en Boos. Want mens kan nie van pitkos alleen leef nie.

The Complete Guide to High End Audio – Robert Harley

Hulle almal gelees, die het ek, maar moet my liefs nie vra om ’n precis alla Comestor oor een te skryf nie. Die aftrede beny ek hom nie, die tyd vir lees wel.

My eintlike rede vir hierdie brief is egter my huidige leesstof. in A Secular Age ondersoek die filosoof Charles Taylor – in 900-stuks bladsye – hoe ons "gevorder" het van ’n gemeenskap waarin dit bykans onmoontlik was om nie in God te glo nie tot een waar geloof slegs een van vele moontlikhede is.

En die groot verlies wat daarmee saamgaan.

Chigurh

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top