Kolgans

  • 0

Kolgans

Ek moes seker verwag het dat jy die een of ander tyd hier aangevlieg sou kom! Dit lyk my ek verskaf groot vermaak aan julle! Nou maar toe, giggel en kry dit oor en verby!

Jy skryf die volgende oor my en Kobus:

Ons almal ken ’n Tant Alie en ’n Kobus in ons lewe, en ek aanvaar dat hulle ook sterk oortuig is van hulle geloof. Ek is ook seker dat Tant Alie ’n goeie vrou is, wat goed na haar familie en vriende omsien. Ek dink net sy het ’n liederlike persona hier op SêNet aangeneem, en dit stroop haar karakter van enige liefde. Kobus het dieselfde probleem. Hy kom net so hard voor op LitNet, maar ek wonder of hy in die werklike lewe, so sterk en bombasties tekere gaan?

Jy is dalk reg in verskeie opsigte, maar ek betwyfel of jy my reaksie op die liederlike aanslagte en kinderagtigheid as ’n afwesigheid van liefde kan beskryf. Ek raak net met tye streng met sekere skrywers hier, as hulle twak verkondig of besig is om kinderagtige speletjies te speel.

Soos ek by jou maat gepleit het, staak tog nou die kinderagtigheid en begrawe die verlede. Julle kan gerus nuwe en meer opbouende materiaal na vore bring, indien julle wys of mans genoeg is!

Tant Alie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top