"Ek is die wysste mens lewend, want ek weet een ding, en dit is dat ek niks weet nie ..."
Dis die verklaring wat uitgeloop het op Socrates se verhoor en sy keuse daarna om of in ballingskap te gaan, of die beker van die dood te drink. Hy het die gif gedrink in ’n vreeslose vrede aan't die dood.
Socrates se hunkering was om die hart van die mens te verstaan en ons verhouding tot die ganse kosmos daarin.
Maar Socrates, nes vele filosowe voor en na hom – kon ook net raai.
Vele daarvan is vandag nog net so – genadiglik nie als nie. Had die ge-aliede groepie se kammahof die mag, sou ek lankal my doodsbeker moes sluk want nes Socrates kan ek beaam ek weet net een ding, en dis dat ek niks weet nie.
My vreugde is in die belewenis van ons Almagtige Lewende Skepper in my hart; sonder vrees vir die ge-aliedes se veroordeling.
Kolgans, moenie die ballingskap opsie kies na ’n ge-aliede haatspraak nie.
Ek wil jou heelhartig uitnooi om jou verhaling in Afrikaans (soos jou kosbare Apache skeppings verhaal voorheen), van enige mite met ons op die werf te deel. Doen dit in die eerste plek terwille van jouself. Ek verseker jou die werf se soekblokkie is ’n veel vriendeliker plek as die daaglikse uitgawes. Jou bydrae sal daarin staan en jou goed bedoelde sleutelwoorde, sal altyd ’n wonderlike resultaat lewer. Dis so kosbaar dat ek jou selfs sal nooi om jou doopname daaraan te koppel.
Nes julle na my kyk, net so sien ek op na julle.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

