"Koffiedate" deur Anrich van der Walt

  • 0

Koffiedate

Sy sê: "Wag 'n bietjie, ek is net te besig"
Die week voel soos vir ewig
en al wat help is 'n koffie saam met jou

Studies, TD en kwaai koshuisseniors
Die lewe sonder plesiere
en al wat help is 'n oomblik saam met jou

KOOR:
So wag 'n bietjie en sê vir my
is jy lus vir 'n koffiedate?
Vir 'n cuppa by Fiori's of 'n latté in die bib?
Dan vertel ek jou van Markgraaff en sy snaakse matieklas
So sal jy net 'n uur afstaan vir 'n koffiedate saam my?

Wag 'n bietjie, ek het dalk 'n oomblik
Die week voel dalk vreeslik
“Maar ek het tyd vir 'n koffie saam met jou"

Kuiers in Potch en laat ontheffings
Gaan dit mis, net so effens
Maar ek het tyd vir 'n oomblik saam met jou

KOOR

Wag 'n bietjie, wag wag 'n bietjie
Vergeet my tog nie
Want al wat help is 'n koffie saam met jou

Wag 'n bietjie, wag wag 'n bietjie
Vergeet my tog nie
Want al wat help is 'n oomblik saam met jou

KOOR

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top